Interessante berigte TREK aandag

Interessante berigte TREK aandag!

Wanneer jy ’n nuusblad of koerant oopmaak, watter berig sal jy eerste lees?  Natuurlik die een met die interessante opskrif, die kleurvolle foto of die ongewone skrif. 

Met die skryf van ’n berig is dit baie belangrik om jou leser se behoeftes in ag te neem.   Alhoewel ’n kleurvolle foto, ongewone skrif en ’n interessante opskrif dadelik die leser se aandag trek, is dit ook belangrik om die volgende elemente in ag te neem: Die kop, inleiding, struktuur, aanhalings, feite en taal.

Die kop, soos alreeds gesê, moet interessant wees en die leser se belangstelling prikkel.  Dit is ook belangrik dat dit ’n werkwoord moet bevat en verkieslik nie langer as ses woorde moet wees nie.  Die inleiding moet die vyf W’s en H bevat, nl. wie, wat, waar , waarom, wanneer en hoe.  ’n Berig moet geskryf word in die omgekeerde piramide vorm: Eers die belangrikste inligting en minder belangrik soos wat daar verder geskryf word.  Aanhalings betrek die leser en laat hul deel voel van die berig se gebeure, maar dit is baie belangrik dat daar nie spelfoute gemaak moet word nie.  Al die feite in ’n berig moet ook korrek wees.  Vra eerder weer die spelling van ’n persoon se naam as wat jy dit verkeerd spel.  En laaste maar nie die minste nie: Taal!  Die taal van ’n berig moet prikkelend, maklik leesbaar wees en soos wat alreeds geblog is, moet daar geen spelfoute gemaak word nie.

 Mag hierdie paar wenke sommer baie help met die skryf van jul kreatiewe berigte!

Carpe diem!

Carli***

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar