Soos vinkel en koljander

Soos vinkel en koljander

Wanneer daar ’n berig/storie geskryf word is dit baie belangrik dat die uitleg ook in gedagte gehou moet word.  Die teks en uitleg loop hand-aan-hand.  Sonder ’n uitleg is daar geen storie nie en sonder ’n storie is daar geen uitleg nie.  Hier is vier baie belangrike elemente om op te fokus, wanneer jy aan jou uitleg werk:

  • Balans:  Een kant van die uitleg moet nie swaarder wees as die ander nie, foto’s moet balanseer.
  • Eenheid:  Alle elemente moet saam ’n eenheid vorm.
  • Kontras: Kontras trek aandag en maak ’n uitleg interessant.
  • Ritme:  Ritme is nodig om die uitleg as ’n eenheid saam te bind en om ’n deurlopende toon te vestig.

Wanneer hierdie elemente korrek aangewend word, kan jy nie anders as om ’n suksesvolle uitleg te skep nie.

Carpe diem

Carli***

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Responses to Soos vinkel en koljander

Lewer kommentaar